Page Corner Left Upper


Wat beteken die term: 'Wedergebore'?

Page Corner Right Upper

Die Engelse Woordelys bied die volgende vertalings vir die woord nl.: "regeneration", "renewal", "rebirth". 'n Goeie beskrywing sou wees om 'nuut gemaak' of om 'herskep' te word. Ek persoonlik verkies die Bybelse beskrywing. "Iemand wat aan Christus behoort is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen ..." 2 Kor. 5: 17-18 (NAV)

Wesenlik beteken dit dat iewers in sy/haar verlede het die ware Christen deur geloof in Christus bewustelik positief gereageer het op die 'Roeping' van God. Sonder enige persoonlike verdienstelikheid en uit genade het sy/hy die Here Jesus Christus as Verlosser en Saligmaker aangeneem. Op daardie oomblik in tyd is hul ou verlede weggeneem en het hulle begin met 'n splinternuwe lewe, met 'n nuwe uitkyk, 'n nuwe identiteit en 'n nuwe waardestelsel. Hierdie "wedergeboorte" is nie altyd dramaties nie, maar dit is 'n definitiewe en drastiese verandering. Dit is waarom die Bybel sê "Jy moet weer gebore word". (Vertalers verduidelik dat dit ook vertaal kan word met: "van bo gebore word.")

  • Wedergeboorte is 'n werklike en kognitiewe lewens ervaring.
  • Dit is 'n bewustelike, reaktiewe en proaktiewe gebeurtenis.
  • Dit is 'n lewens veranderende gebeurtenis.
  • Dit is 'n drastiese gebeurtenis met ewige gevolge.


Page Corner Right Lower
Page Corner Right Lower