Page Corner Left Upper


Wie is 'n Christen?

Page Corner Right Upper

Hierdie vraag is uiters belangrik. Watter kwaliteit of kwalifikasies kwalifiseer 'n persoon om ’n outentieke Christen te wees? Sou ek kan sê dat ek ’n Christen is omdat een of meer van die volgende waar is van my:

  1. My ouers is/was Christene en ek is as ’n baba gedoop. Of
  2. Ek het Sondagskool van kindsbeen tot jong volwassene bygewoon. Of
  3. Ek besluit wat goed en die beste is vir my en doen dit dan. Ek doen my bes. Of
  4. Ek is ’n lidmaat van ’n Christelike kerk en woon die eredienste by. Of
  5. Ek is ’n aktiewe lid van ’n Christelike kerk en woon konsekwent gereeld die dienste by. Of
  6. Ek is ’n eerlike en opregte persoon, ek betaal my rekeninge en is aan niemand iets verskuldig nie. Of
  7. Ek doen goeie dade, gee aalmoese en dien in welsyn organisasies. Of
  8. Ek gehoorsaam die wet en misbruik nie dwelms of alkohol nie. Of
  9. Ek is ’n goeie omgee ouer en stel 'n uitstekende voorbeeld. Of
  10. Ek is groot gedoop. Of
  11. Ek het die gawe van spreek in Tale. Of
  12. Ek woon gereeld die Mis by, doen belydenis en boetedoening. Of
  13. Ek het ’n skoon gewete en veronreg niemand nie. Of
  14. Ek is ’n verkose en amptelike leier in my kerk. Of
  15. Ek word gerespekteer deur my kollegas, bure en vriende. Of
  16. Ek het by geleentheid ‘na vore gegaan’ in ’n evangelie diens en het toe ’n toewyding kaartjie onderteken. Of
  17. Ek voel gemaklik oor myself en oor hierdie aangeleentheid. Of
  18. Ek glo. Ek glo daar is ’n goeie God. Of
  19. Ek is opreg in my godsdiens. Of
  20. Man, ek is geestelik en doen my deeltjie om in die hemel te kom.
 

Hoewel sommige van die bo genoemde goed en wel in hul toepaslike verband mag wees, kwalifiseer nie een van hulle per sé of in enige kombinasie ’n persoon om ’n bona fide Christen te wees nie. (Dit mag dalk wel aandui dat jy ernstig is oor spirituele sake.)

Daar is ’n werklike en beduidende gevaar dat ons, ons vertroue stel op ’n paar van die bogenoemdes of op soortgelyke, en dit’ sou ’n fatale mistasting met baie ernstige gevolge wees.

Jesus Christus verklaar dat daar net een manier is om ’n Christen te word. Hy het gesê "Jy moet weergebore word." Joh. 3:3

Christus het aan Nikodemus, ’n leidende Teoloog gesê: "Moet jou nie verwonder dat Ek vir jou sê, julle moet weergebore word nie." Joh. 3:7. Die enigste manier vir ’n mens om ’n Christen te word, is deur ’n spesifieke geboorte-proses. Dit is die rede waarom ons sê dat iemand ’n ‘wedergebore Christen’ is om aan te dui dat hulle nie net godsdienstig is nie, maar dat hulle ’n lewens veranderende ontmoeting met die Here Jesus gehad het, en dat hulle in ’n persoonlike ‘een-tot-een’ verhouding met Jesus Christus hul Verlosser leef.

Wie is dan nou 'n Christen? 'n Christen is uitsluitlik een wat die Here Jesus Christus op Sy terme aanvaar het, wat in Hom glo en wat deur Hom "wedergebore" is. Die Bybel verduidelik dit so;
“Aan almal wat Hom egter aanvaar het, die wat in sy Naam glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Hulle is nie deur ’n natuurlike proses gebore nie, en ook nie na aanleiding van die wilsbesluit van ’n man nie. Hulle is uit God gebore.” Joh. 1: 12-13 (NLV)

  

Hierdie inligting laat ons onvermydelik met drie belangrike vrae:

  • Wat beteken dit om "wedergebore" te wees? (Die betekenis van die term.)
  • Hoekom is dit nodig om "wedergebore" te word om 'n Christen te wees?
  • Hoe kan ek weet of ek "wedergebore" is?

* NLV = Nuwe Lewende Vertaling. Christelike Uitgewersmaatskappy.
* NAV = Nuwe Afrikaanse Vertaling (met herformulerings) 1983. Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

Page Corner Right Lower
Page Corner Right Lower