Page Corner Left Upper


Hoekom is wedergeboorte dan tog nodig?

Page Corner Right Upper

God is die enigste skepper en eienaar van die heelal en almal daarin. Hy is 'n Heilige, beginselvaste, en regverdige God. Hy het 'n aversie aan ongeregtigheid, boosheid, skadu praktyke en sonde.

Sonde is 'n dodelike gif en is onverenigbaar met lewe.

In sy gryse verlede en heel aan die begin, het die mens moedswillig ongehoorsaam gewees aan God en gesondig. Sonde en die geneigdheid om verkeerd te doen het deel van die hele mensdom geword. Die heel eerste kind van menslike oorsprong was dan ook 'n moordenaar. Die fisiese en geestelike gevolge van die sonde is deel van ons samestel soos wat ons genetika is. Die Psalmdigter skryf; "Ek was skuldig toe ek gebore is, met sonde belaai toe my moeder swanger geword het." Ps. 51:7 (NAV) Ja, ons is in sonde bevrug en gebore. Dit is soos 'n kind wat aan Fetale Alkohol Sindroom ly omdat sy/haar moeder alkohol misbruik het in die tyd toe sy bevrug was en tydens haar swangerskap.

Ons is onwillekeurige sondaars as gevolg van ons oor-erwings faktore, maar om dinge te vererger het elke mens wat vandag op die aarde wandel willens en wetens sonde gedoen. Die Bybel sê: "Daar is nie een wat regverdig is nie, selfs nie een nie ..." Rom. 3:10 (NAV)

Ons almal, (net soos die Fetale Alkohol Sindroom kind) het 'n wonderwerk nodig en net God kan so 'n wonderwerk verrig. Hierdie wonderwerk word "wedergeboorte" genoem en dit is waarom dit nodig is om 'wedergebore' te word om 'n outentieke Christen te wees.

Page Corner Right Lower
Page Corner Right Lower